AKADEMIE

Elke jaar publiseer Die Burger 'n lys van Top Wiskunde Skole gemeet aan die matriekuitslae in kombinasie met die gemeenskapswelvaart-indeks. Ons is in hierdie kategorie aangewys as die derde beste skool in die Wes-Kaap. 1ste = Bloemhof 2de = Paul Roos 3de = HS LUTZVILLE!!!  Baie geluk aan juffrou Adri du Toit en haar matriekklas 2020....
Carli Lourens was die Toppresteerder in die afgelope NSS-eksamen met 'n gemiddeld van 87,1%  met 7 onderskeidings:  Sy gaan vanjaar Voedselwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.  Haar raad vir 2021 se Matrieks is:  Kry vir jou 'n goeie ondersteuningsnetwerk en moenie bang wees om hulp te vra nie. Haar goeie...
HS Lutzville spog graag met hulle 20-jaar lange 100%-slaagsyfer, en is baie trots op elke leerder wat 'n A-gemiddeld kry. Die 2019-matrieks het 3 gemiddelde A-simbole opgelewer, en nadat Marloné le Roux en Alyssa Rupping van hulle vakke laat hernasien het, het hulle uitslae in Maart 2020 gekom en het hulle die syfer na 5 A's toe opgestoot! Hulle...
HS Lutzville is bevoorreg dat Claassen en Stone jaarliks hul leerders met 'n kontantprys en 'n trofee motiveer om te presteer in EBW en Rekeningkunde. Hierdie jaar is ook die topleerders in Wiskunde vereer. Ons top student in gr 7 vir EBW en Wiskunde is Mihan Prinsloo, by gr 9's is die beste EBW leerder Anja Engelbrect en vir Wiskunde is dit...
By 'n waardige opelugbyeenkoms het HS Lutzville Vrydag 26 Februarie aan die Akademiese Presteerders van 2020 erekleure toegeken.  Om die geloofwaardigheid en prestige wat hiermee gepaard gaan te behou, moes die formule vir die berekening van dié pryse aangepas word om die formele assesserings wat in November 2020 gedoen is, in te sluit....