Algemeen (Kultuur)

Lieske is deur ABS Produksies genader om op Saterdag 10 Julie 'n eksklusiewe oudisie vir 'n kortfilm wat in Desember/Januarie geskiet gaan word by die Drostdyteater in Stellenbosch te doen.  Hulle het Lieske sommer al Maandag 12 Julie gekontak om te sê sy het 'n rol gekry!  In die komende paar maande moet Lieske 'n paar...
Janco van Zyl (92%), Hendré van Zyl (92%), Timon Pronsloo (95%), Elané van Zyl (90%) en Khloé Snyman (90%) het in die laerskool afdeling uitstekend presteer by Calvinia Eisteddfod. Hulle ontvang almal Hoogste Lof vir Voordrag.   Misha Raymond (90%), Ineke Evert (90%), Melané Sigge (Fotografie 92%), Milla (90%) en Mighaël Etsebeth (90%)...
Nege van ons leerders se kletsrym gedigte is opgeneem in 'n digbundel saamgestel deur die bekende skrywer Marita van der Vyver "Jy sê, ek sê, ons sê". Hulle is agter vlnr Hengo Burger, Izan Coetzee, Valentino Vercuil, Jarryd Rosant. Voor vlnr Francois Steyn, Nico Beukes,  Gustav Jones, Chandré Cloete en Kara Evert.
Emi-Lee Casper, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Lutzville was 'n finalis wat vanaf 2 -4 Mei deelgeneem het aan 'n Nasionale Toneelspel kompetisie wat aangebied word deur SBA.  
HS Lutzville se leerlinge is altyd bereid om 'n helpende hand uit te steek.  Hier het hulle dan ook hul bydrae tot KANSA se fondsinsameling gelewer.

Pages