Nie-skoolsport

Izan en Joop Coetzee, deel van Droomers Yamaha Racing, het op 14 Augustus  deelgeneem aan die 3de rondte van die Nasionale Enduro Kampioenskap in die Oos-Kaap wat by Bathurst aangebied is. Izan het deelgeneem in 125cc J1 Hoërskool klas  en 5de geeïndig. Joop het aan die Senior 85cc deelgeneem en 6de geeïndig. Hulle  altwee lê...
Sondag 28 Maart was dit WCOC Off road se 2020 prysuitdeling.  Agv Covid kon dit nou eers plaasvind. Joop Coetzee is die 2020 kampioen in die senior 85 CC klas.  Izan Coetzee word ook aangewys as die kampioen in sy 125 CC klas, terwyl hulle pa tweede geeindig het in die Social Bikes class.
Die Droomers Yamaha Racing team het die afgelope naweek deelgeneem aan die eerste Nasionale Enduro wat deur Gauteng se Titans klub by Hartebeespoortdam aangebied is. Joop Coetzee (J329) het 7de geeindig  en het  3 rondtes in 3 uur voltooi in die Nasionale 85cc klas. Izan Coetzee (241) het 10de geeindig in die Nasionale J1 Hoërskool klas...
Op Saterdag 6 Maart het Izan Coetzee (241), Joop Coetzee (J329) en Charles Reinardt Kersop (112) deel geneem in ‘n motorfietswedren in McGregor. Dit was die eerste rondte van die CSMX Enduro Series, wat beteken dat die deelnemers op meer tegniese terreine ry, soos rivierbeddings en steil heuwels ens. Joop het in die 85cc klas deelgeneem en...
Joop en Izan Coetzee het verlede jaar by die WCOC (Western Cape Offroad Club) en CSMX Enduro Club vir motorfietse aangesluit. WCOC is ‘n vinniger formaat wat op enkelspoorpaaie deur berge en plantasies en landerye jaag.  CSMX is ‘n stadiger formaat, maar baie meer tegnies van aard.  Weens Covid het daar minder byeenkomste plaasgevind,...

Pages