Tennis

Hendré van Zyl speel op 21 en 22 Augustus in die CT mini series 0/14 toernooi en wen 'n goue medalje in die dubbels platinum groep.
Tydens die tweede rondte van die Weskus proewe het HSL 4 deelnemers opgelewer. Elané van Zyl en Ewan Lategan het goed gevaar en baie ervaring opgedoen. Janco en Hendré van Zyl het albei eerste geëindig in hul ouderdom groepe. Welgedaan almal!
Hendré van Zyl het gedurende die vakansie in Bloemfontein tennis gespeel. Hy het aan die Growthpoint 0.14 tennistoernooi deelgeneem. Tydens die toernooi wen hy 6 van sy 7 enkels wedstryde en eindig 33 uit 128 spelers. Hy en sy dubbelsmaat verloor in die semi-finaal van die Goue afdeling. Daarna neem hy aan 'n uitnodigingstoernooi van Tennis SA...
Die Laerskool se eerste seuns-en dogterspanne neem aan die Handri Westman tennistoernooi op Ceres deel. Daar was oorgenoeg tennis teen skole soos Welgemoed, Gene Louw en Eversdal. Die tennistoernooi op Ceres was 'n reuse sukses.
Hendré van Zyl het op Vrydag, 9 Augustus in Somerset-Wes aan die Wilson Cavalierstoernooi deelgeneem. Hy het 'n eerste plek behaal! Geluk, Hendré!!

Pages