Sport Prestasies

Die volgende leerders van HS Lutzville het 'n geleentheid gehad om deel te neem aan die Weskus proewe (netbal en rugby) en deur gedring na die volgende rondte. Ongelukkig is alle kontak sport a.g.v Covid vir eers gestaak. NWB 0/16 rugbyspan: Chrisjan Hanekom, Ryno Engelbrecht en Jano Engelbrecht NWB 0/18 rugbyspan: Heinz Slabbert,...
Joop en Izan Coetzee het verlede jaar by die WCOC (Western Cape Offroad Club) en CSMX Enduro Club vir motorfietse aangesluit. WCOC is ‘n vinniger formaat wat op enkelspoorpaaie deur berge en plantasies en landerye jaag.  CSMX is ‘n stadiger formaat, maar baie meer tegnies van aard.  Weens Covid het daar minder byeenkomste plaasgevind,...
Ons bly trots om met ons oudskoliere te spog.  Gené Mannel is opgeneem in die 0/21 SA Netbal groep.  
Gené Mannel wat in 2016 aan HSL matriekuleer het is in 2018 opgeneem in die 0/21 SA Netbalgroep.  Voorwaar 'n uitsonderlike prestasie.
HSLutzville is besonder trots op die eerste leerling van ons skool wat Professionele Status by Gholf bereik het.  Erhard Lambrechts het hierdie berg begin klim toe hy reeds op skool was.  Met baie harde werk en deursettingsvermoë het hy uiteindelik sy doel bereik.  Tydens die kwalifiserende toernooi by Randpark Gholfklub het hy 8...

Pages