Akademiese prestatsies

Susan du Toit, ‘n oudleerling van HS Lutzville wat in 2000 gematrikuleer het as Susan van Zyl, het haar Doktors Graad behaal in Opvoedkundige Sielkunde.  Sy het gefokus op “Die belewing en vergestalting van veerkragtigheid van ouers van kinders met Aandagtekort- en hiperaktiwiteitsversteuring in hul middelkinderjare”.  Haar bevindinge...
Dit bly altyd 'n voorreg om met ons oudskoliere te spog.   Henk Laubscher het Meganiese Ingenieurswese studeer en het einde 2014 sy BIng verwerf. Daarna het hy sy nagraadse studies voortgesit met 'n Meesters en gespesialiseer in die stoor van termiese energie. Die fokus van die projek was om koste-effektiewe metodes vir die stoor van...
Marelize Scheepers, ‘n oudskolier van HS Lutzville, het in 2014 gematrikuleer.  Ons is baie trots om te kan berig dat Marelize aan die einde van haar eerste jaar ‘n Golden Key toekenning ontvang het by NWU Pukke.  Haar studierigting is BA Kommunikasie en Joernalistiek.  Golden Key is ‘n internasionale erkende organisasie wat...
Virnen Ludick, Oud Skolier van HSL ontvang op 14 April 2016 by  die Gradeplegtigheid van CPUT die Dekaans- en Kanseliersmedalje vir hoogste akademiese gemiddelde in die Onderwysfakulteit vir die graadkursus B.Ed.(AOO) Intermediêre en Senior Fase (Cum Laude).  Sy gemiddelde oor die vier jaar studie is 86% en hy verwerf 37...
Johanette Cornelissen het in 1999 aan Hoërskool Lutzville gematrikuleer.  Sy skryf: Ek het in Junie 2016 my PhD in elektriese ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.  Dit het 8 jaar se studie vereis, waarvan die eerste 5 jaar direk na skool aan die Universiteit van Stellenbosch was en die laaste 3 jaar deeltyds aan...

Pages