OUDSKOLIERE HOU HSL SE NAAM HOOG

Danelle Scheepers van HS Lutzville is as  Kasteel Dameskoshuis van NWU  Potchefstroom se nr 1 Akademiese Prestasie vir Seniors  damesstudent aangewys.  Dit is ‘n baie mooi prestasie waarop HS Lutzville saam met haar ouers baie trots is.

Vir 2019 is Marelize Scheepers as Heide Dameskoshuis te Potchefstroom se primaria verkies en Etienne van Dyk as Huis Neethling te Stellenbosch se onder primarius.  HSL is baie trots op die leierseienskappe wat die leerlinge uitdra.