Algemeen (Kultuur)

Emi-Lee Casper, 'n graad 10-leerder van Hoërskool Lutzville was 'n finalis wat vanaf 2 -4 Mei deelgeneem het aan 'n Nasionale Toneelspel kompetisie wat aangebied word deur SBA.  
HS Lutzville se leerlinge is altyd bereid om 'n helpende hand uit te steek.  Hier het hulle dan ook hul bydrae tot KANSA se fondsinsameling gelewer.
Maandagoggend, 13 November 2017, het HSLutzville se leerlinge, personeel, ouers en vriende op die rugbyveld bymekaargekom om te bid vir vrede in ons land.  Wat 'n voorreg dat ons as skool en gemeenskap so kan saamsnoer om te bid vir 'n veilige en geweldvrye omgewing.  Ons leerlinge reik ook uit na minderbevoorregtes deur klere en...
Lené Eygelaar en Lieske Naudé  het Cum Laude verwerf vir hulle tweespraak by die Tygerberg Eisteddfod.  Lieske het ook Cum Laude gekry vir haar voordrag en goud vir haar monoloog.  Baie geluk julle twee.  Ons is baie trots op julle! Tydens die Eisteddfod te Calvinia het Lieske Naude ook die volgende behaal:  Afrikaanse...
‘n Kunswerk van Lené Boonzaaier , ‘n Gr 5 leerling van HS Lutzville,  is tydens vanjaar se Klawer Kunste deur die beoordelaars gekies as een van slegs 17 kunswerke uit al die inskrywings, om by vanjaar se Artscape Visuele Kunste Uitstalling uitgestal te word.  Tydens die uitstalling, is hierdie kunswerk verder bekroon met ‘n “Leon...

Pages