Redenaars

Lumay Philander 'n Gr 2 leerder van Hoërskool Lutzville het aan die ATKV redenaars finaal op 1 Augustus deelgeneem. Sy het 'n 5de plek in die land behaal in haar ouderdomsgroep (Graad 1- 3). Die skool is ongelooflik torts op haar.
Lumay Philander (gr. 2) en Elsamari Lombard (gr. 11) van Hoërskool Lutzville het uitstekend presteer in die ATKV Redenaars se semi-finale rondte.  Lumay het 'n eerste plek in die Wes-Kaap behaal en gaan die skool op 1 Augustus by die nasionale kompetisie verteenwoordig. Elsamari het 'n 9de plek in die Wes-Kaap behaal in die afdeling...
Lumay Philander (gr.2), Lisa Rossouw (gr.5) en Milisa Rossuw leerders van Hoërskool Lutzville het deurgedring na die ATKV redenaarskompetisie se semi-finale rondte op die 17de Mei in Bellville.  
Drie van Hoërskool Lutzville se senior redenaars het op 11 Maart aan die eerste rondte van die landswye ATKV Redenaarskompetisie te Hoërskool Bellville deelgeneem. Twee van hierdie leerders, Elsamari Lombard en Kara Evert het deurgedring na die volgende rondte.  Die twee dogters sal op 17 Mei aan die semi-finale rondte in Kaapstad deelneem.
Ons skool se kompetisie het plaasgevind op Maandag, 11 Februarie.  Die wenners in die onderskeie afdelings was as volg:  Lumay Philander (Gr. 1-3), Hendré van Zyl (Gr.4-5), Milisa Rossouw (Gr. 6-7), Izan Coetzee (Gr. 8-9), Lieske Naude (gr 10 – 12 Voorbereid) en Elsamari Lombard (Gr. 10-12 Onvoorbereid).  Baie geluk aan ons wenners...

Pages