Nie-skoolsport

Benette Visagie 'n leerder van Hoërskool Lutzville het tydens die jaarlikse Lutzville landbouskou 1ste plekke bepaal in die volgende afdelings: Driegang Kinderryperd (Saalperd) 0/18, Driegang Kinderryperd (Boerperd) 0/18, Driegang Kinderruiter (Boerperd) 0/18, Groot Kampioen Driegang (Saalperd). Ons is baie trots op jou! Baie geluk aan die...
Ri-Chael Owies 'n graad 12-leerder van Hoërskool Lutzville het op 6 Julie aan die Suid-Afrikaanse Meesters Lyndans kompetisie in die Paarl deelgeneem.  Sy het 'n 1ste plek in haar afdeling behaal.  Hierdie is sowaar 'n baie groot prestasie.  Baie geluk!
Hoërskool Lutzville spog met vier manne wat oor die afgelope paar weke deurgedring het tot die Weskus Prestige Skaakkampioenskappe wat plaasgevind het op 6 April in Porterville. Gerswin Malgas, Angelo Cloete, Peter Clever Madziwa en Juan de Bruin.
Drie spelers van HSLutzville neem deel aan die Bo-Weskus Skole Skaaktoernooi en al drie hierdie spelers word opgeneem in die Bo-Weskusspan. FOTO:  Gerchly-Ann Julius, Rown-Lee van Wyk en Angelo Cloete Hierdie 3 skaakspelers het die res van die skool gemotiveer om ook te begin met hierdie uitdagende sport.
Javhion Joubert, Hezley Links, Peter-Clever Madziwa en Rowan-Lee van Wyk neem deel aan 'n Topskole Skaaktoernooi in St. Helenabaai en verower 'n tweede plek. 

Pages