Tennis

Die Laerskool se eerste seuns-en dogterspanne neem aan die Handri Westman tennistoernooi op Ceres deel. Daar was oorgenoeg tennis teen skole soos Welgemoed, Gene Louw en Eversdal. Die tennistoernooi op Ceres was 'n reuse sukses.
Hendré van Zyl het op Vrydag, 9 Augustus in Somerset-Wes aan die Wilson Cavalierstoernooi deelgeneem. Hy het 'n eerste plek behaal! Geluk, Hendré!!
Hendré van Zyl, 'n laerskool leerder van Hoërskool Lutzville het op 8 en 9 Maart 2019 as deel van die Boland Kavaliers o/11 B span tennis gespeel. Die byeenkoms is in Kimberley gehou en Hendré wen 6 van s7 8 wedstryde. Die span wen goud teen onder andere WP en Noordkaap spanne.
Twee boeties van Hoërskool Lutzville het die naweek aan die Stellenbosch Wilson toernooi deelgeneem. Janco Van Zyl (links) speel in die o/10B afdeling en eindig as naaswenner in die Silwer-afdeling. Hendré van Zyl (regs) speel in die o/11A afdeling en eindig 4de uit 32 spelers
Die seuns tennis finaal het tussen HS Lutzville en HS Vredendal plaasgevind. Die seuns van HSLutzville wen beide die A en die B liga na 'n heerlike kompeterende tennismiddag.  HS Lutzville se A-span het die beker vir 6 agtereenvolgende jare gewen en moes die verlede jaar ongelukkig afstaan.  Dit voel goed dat die seuns die beker weer...

Pages