Toere

Gedurende die Junie-vakansie het Lori-Jo Fielding ‘n leerling van Hoërskool Lutzville aan die All Ages netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem. Haar netbaltalent is saam met 39 ander raakgesien en is sy genomineer vir die 0/18 SA groep. Die skool is baie trots op haar.
HS Netbal- en Rugbytoer Leerders van Hoërskool Lutzville neem die eerste keer deel aan die Tony Stoops Toernooi.
Die 0/19 Netbal en Rugby asook 0/16 Netbal spanne het 'n eerste Burgerverkope aand gehou by die skool om geld in te samel vir hul toer te Tygerberg. Die aand was gevul met genot en groot sukses.