Interskole

Op Saterdag 17 Augustus 2019 het die Hoërskool Lutzville vir die laaste keer die lang pad aangedurf na Hopefield vir die jaarlikse interskole sportdag. Die veggees, deursettingsvermoë, netheid en algemene ingesteldheid van  die WILLEHONNE van Lutzville en die BOKKIES van Hopefield, het almal trots gemaak. Van die 33 wedstryde...
Wat 'n groot voorreg om so 'n groot dag van sport te kan aanbied  met alle leerlinge en ouers betrokke by hierdie dag.  Dit is nou voorwaar 'n toonbeeld van Eenheid.  Al die vooraf opbou van gees met 'n Eerste Spanne Dinee, aantrek volgens die tema, Sokkie en uiteindelik die groot brag, maak hierdie groot dag net een groot...
KAN EK JOU SUPERMAN, BATMAN, IRONMAN, SPIDERMAN WEES??? Interskole 2017  teen HS Hopefield skop af met tonne pret, plesier en entoesiasme.  Die tema SUPER HERO'S spreek boekdele van hierdie klomp sportmanne en -vroue.  Die Eerste Spanne Dinee is 'n groot geleentheid en met 'n spreker soos, John McGrath, voel elke speler en ouers...
2016 was 'n besonderse goeie jaar vir HS Lutzville se wildehonde!  Met die Mafia aan die stuur van sake het alles net beter en beter verloop.  Die veggees, deursettingsvermoë, netheid en algemene ingesteldheid was net onverbeterlik.  Van die 35 wedstryde wat gedurende die dag gespeel is, het HS Lutzville 30 gewen.  ...