Sport Prestasies

Ons bly trots om met ons oudskoliere te spog.  Gené Mannel is opgeneem in die 0/21 SA Netbal groep.  
Gené Mannel wat in 2016 aan HSL matriekuleer het is in 2018 opgeneem in die 0/21 SA Netbalgroep.  Voorwaar 'n uitsonderlike prestasie.
HSLutzville is besonder trots op die eerste leerling van ons skool wat Professionele Status by Gholf bereik het.  Erhard Lambrechts het hierdie berg begin klim toe hy reeds op skool was.  Met baie harde werk en deursettingsvermoë het hy uiteindelik sy doel bereik.  Tydens die kwalifiserende toernooi by Randpark Gholfklub het hy 8...
Erhard Lambrechts, ‘n oudskolier van HS Lutzville, het ‘n besondere prestasie behaal waarop ons almal saam met hom baie trots is. Hy het die Klubkampioenskappe van Stellenbosch Gholf Klub gewen met ‘n -5 oor 3 rondtes.  Wat dit meer spesiaal maak is dat dit die 100ste klubkampioenskappe van Stellenbosch Gholf Klub was sedert 1917....
Albert Rust, ‘n oudskolier van HS Lutzville en ‘n goeie sportman, het ernstige beserings opgedoen in ‘n motorongeluk terwyl hy besig was met sy studies aan die Universiteit Stellenbosch.  Albert het volgens die mediese wetenskap eintlik geen kans gehad om weer te kon loop nie, maar na baie tyd en baie harde werk het hy in ‘n rolstoel sy...

Pages