Welkom by Hoërskool Lutzville

Die vormingsjare van ‘n seun en dogter vind hier tussen die lowergroen van wingerde plaas.  Elke leerling kry by Hoërskool Lutzville die geleentheid om op vele terreine te ontwikkel en te groei om hulle volle potensiaal te kan bereik.  Al is ons skool se getalle klein is ons leerlinge se harte groot en is geen uitdaging vir ons onmoontlik nie. Ons strewe is om gebalanseerde leerders die volwasse lewe in te stuur.

Hierdie webblad is die spieël van ons skool.  Dit dien as 'n waardevolle inligtingsbron aan almal vir wie ons omgee en ook aan die wat vir ons omgee.  Die webblad weerspieël die karakter van ons skool met 'n wye aantal skakels waar elkeen die dinamika van dit wat hier gebeur kan waardeer.

VISIE

Ons, die rolspelers van HS Lutzville, verbind ons tot 'n veilige, gebalanseerde instelling waar elke mens tot sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel en toegerus word om weer 'n verskil in 'n dinamiese samelewing te maak.

MISSIE

Ons wil hierdie ideaal bereik deur 'n veilige, positiewe milieu te skep waar die uitlewing van waardes soos respek, verantwoordelikheid, integriteit, samewerking en deelname ononderhandelbaar is.

Nuutste Artikels

Die Laerskool se eerste seuns-en dogterspanne neem aan die Handri Westman tennistoernooi op Ceres deel. Daar was oorgenoeg tennis teen skole soos Welgemoed, Gene Louw en Eversdal. Die tennistoernooi op Ceres was 'n reuse sukses.